! You are not logged in to Prodigits. Please register or login.

HEUNING - Topics

* HEUNING > Topics


Subject: DIE GAWE VAN PROFESIE
Replies: 30 Views: 4071
1-> 7->>

oubaas 28.08.08 - 07:28pm
DIE GAWE VAN PROFESIE.

1 Korintiers 12 : 4 - 11 Daar is 'n verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee; 5 daar is 'n verskeidenheid van bedieninge, maar dit is dieselfde Here wat die opdrag gee; 6 daar is 'n verskeidenheid van kragtige werkinge, maar dit is dieselfde God wat alles in almal tot stand bring. 7 Aan elkeen afsonderlik word 'n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal. *

oubaas 4.02.10 - 10:58am
8 Aan die een word deur die Gees die gawe gegee om 'n woord van wysheid te praat, aan 'n ander 'n woord van kennis deur dieselfde Gees; 9 aan die een geloof deur dieselfde Gees, aan 'n ander genadegawes van gesondmaking deur die een Gees. 10 Aan die een gee Hy die krag om wonders te doen, aan 'n ander die gawe om te profeteer, en aan nog 'n ander die gawe om tussen die geeste te onderskei. *

oubaas 4.02.10 - 10:59am
Aan nog een gee Hy die gawe om ongewone tale of klanke te gebruik en aan 'n ander om dit uit te le. 11 Maar al hierdie dinge is die werk van een en dieselfde Gees, wat aan elkeen afsonderlik 'n gawe uitdeel soos Hy wil. *

oubaas 4.02.10 - 10:59am
Dis duidelik dat God gawes uitdeel aan wie Hy wil, soos Hy wil, tot Sy eer. En al die gawes deur die een Gees, die Heilige Gees. Die deel wat volgende praat van die liggaam se baie lede en dan lees ons die volgende: *

oubaas 4.02.10 - 11:00am
Vers 27 - 31 Julle is die liggaam van Christus, en afsonderlik is elkeen 'n lid daarvan. 28 En in die kerk is daar mense aan wie God 'n bepaalde taak gegee het. Ten eerste is daar apostels, ten tweede profete, ten derde leraars; verder is daar diegene wat wonderdade kan doen, dan diegene wat genadegawes ontvang het om mense gesond te maak, om hulp te verleen, om leiding te gee of om ongewone tale of klanke te gebruik. 29 Is almal miskien apostels? Is almal profete? Is almal leraars? *

oubaas 4.02.10 - 11:02am
Kan almal miskien wonders doen? 30 Het almal die genadegawes om mense gesond te maak? Of gebruik almal miskien ongewone tale of klanke en kan almal dit uitle? 31 Le julle toe op die beste genadegawes. *

oubaas 4.02.10 - 11:02am
Die liggaam van Christus kan dus nie funksioneer as al die lede nie teenwoordig is nie. En dus ook die gawe van profesie. Dan lees ek in 1 Tessalosense 5 : 19 - 22 die volgende: Moenie die Heilige Gees teenstaan nie. Moenie die uitsprake van die wat die boodskap van God verkondig, geringskat nie, maar toets dit alles, behou wat goed is, en bly weg van alles wat sleg is. *

1-> 7->>


* Reply
* HEUNING Forum


fav Bookmarks

Search:
topics replies


* HEUNING (8)

Custom Search