! You are not logged in to Prodigits. Please register or login.

HEUNING - Topics

* HEUNING > Topics


Subject: GELOOF 2
Replies: 28 Views: 3390
1-> 7->>

oubaas 28.08.08 - 06:21pm
GELOOF 2

Ons het by 'n vorige geleentheid gepraat oor antwoorde op 'n paar kwelvrae oor wat ons glo, hoekom ons glo. Is die Bybel waar en is dit waarlik die Woord van God? Hhet Jesus regtig bestaan? Is daar 'n God (skepping), kan almal gered word? Vandag wil ek nog so 'n paar dinge aanraak sonder om dogmaties of teologies te raak. *

oubaas 6.05.10 - 04:36pm
1 Petrus 3 : 15 Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe. *

oubaas 6.05.10 - 04:36pm
2 Timotheus 4 : 2 . . . verkondig die woord; hou daarmee vol, tydig en ontydig; weerle, bestraf, bemoedig deur met alle geduld onderrig te gee *

oubaas 6.05.10 - 04:37pm
Wat onderskei die Christelike geloof van ander gelowe?

1. Die Christelik geloof is die enigste geloof waar die redding van ons siel nie van werke afhanklik is nie. Galasiers 3 : 10 Almal wat staatmaak op die onderhouding van die wet, val onder 'n vloek as ons nie alles stiptelik kan nakom nie. Maar hy wat deur God vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe. En ja, Jakobus vra waar is die werke? Dit doen ons uit dankbaarheid, en nie tot vryspraak nie. *

oubaas 6.05.10 - 04:38pm
Dit wil se as jy met iemand gaan praat oor sy saligheid, is dit tot voordeel van sy siel, en nie tot voordeel van jou siel nie. As jou werke jou dryf en jy praat met iemand, is dit dan tot voordeel van jou siel. Dus misbruik jy die gesprek tot jou eie voordeel. *

oubaas 6.05.10 - 04:39pm
2. Die Christelike geloof is die enigste geloof wat gebasseer is op 'n verhouding met Jesus deur die werking van die Heilige Gees. Waar gebed 'n tweerigting gesprek is. Waar die Here met ons praat deur die Bybel, omstandighede, medegelowiges, ens. Dus 'n lewende vriendskapsverhouding. *

oubaas 6.05.10 - 04:39pm
3. Die wete dat 'n Verlosser bestaan in die persoon van Jesus Christus wat vir ons die weg tot Saligheid gebaan het. *

1-> 7->>


* Reply
* HEUNING Forum


fav Bookmarks

Search:
topics replies


* HEUNING (8)

Custom Search