! You are not logged in to Prodigits. Please register or login.

TourSouthAfrica - Topics

* TourSouthAfrica > Topics


Subject: Pray for South Africa
Replies: 8 Views: 3717
6-<< 2-<

oubaas 10.10.08 - 06:19am
I am pasting an Afrikaans prayer if you dont mind.....

Dankie Here. Dankie Vader dat ons hierdie oggend kon wakker word uit 'n warm bed. Dankie Here dat ek iets het om net-nou te eet, al is dit nie 'n vyfster maaltyd nie. Dankie dat ek na 'n werk toe kan gaan, al voel ek soms ongelukkig - en dis dalk weens my eie onvergenoegdheid. Dankie Here, dat ons gratis suurstof kan inasem, dankie dat U in meer voorsien as wat geld kan koop. Dankie Here, dat ek kan lewe op hierdie oomblik, al is ek miskien siek. Dankie Here, dat ons in 'n ongelooflike land kan bly, al is ons soms bekommerd. Dankie Here, dat ons die beste klimaat in die wereld het, dat ons nie in 'n oorlog gewikkel is soos baie ander lande nie. Dankie Here, dat U ons beskerm, maar ook by ons staan as iets verkeerd geloop het. Dankie Here, dat ons so baie geleenthede het in Suid-Afrika, en Here, bo alles, dankie dat ons herlewing in ons land sien, op 'n skaal wat ons nog nooit voorheen gesien het nie. Dankie Here, dat ons U hier openlik kan aanbid, rugbystadions kan volpak en uit volle bors U Naam uitsing en uitjubel. Dankie Here, dat U vir ons geliefdes gee aan wie ons verbind kan wees. Dankie Here, dat ons in 'n verhouding met U kan staan, en dat ons kan weet U is aan ons kant. Dankie Here, dat U die beste vir ons in gedagte het, en nie elke gebed verhoor wat ons uit onkunde en selfsug bid nie. Dankie Here, dat U die toekoms ken, en daarvolgens vir ons deure oop en toe maak. Dankie Here, dat U nie swig voor ons aardse, sondige begeertes nie, maar U soewereiniteit en integriteit laat geld. Dankie Vader, as ons soms tot die besef kom, dat dit baie, baie goed met ons gaan, al sien ons dit nie altyd raak nie. Ons dank U, in die Naam van Jesus. Amen! *

easybud1 22.07.13 - 06:20pm
May the peace of the Lord reign in south africa forever and His provision be in abundance in Jesus name . *

6-<< 2-<


* Reply
* TourSouthAfrica Forum


fav Bookmarks

Search:
topics replies


* TourSouthAfrica (8)

Custom Search