! You are not logged in to Prodigits. Please register or login.

HEUNING - Topics

* HEUNING > Topics


Subject: OP SOEK NA GOD
Replies: 20 Views: 2857
1-> 7->>

oubaas 7.03.10 - 12:56pm
OP SOEK NA GOD - 24 Februarie 2010

Ons leef in n soekende wereld. Jaar na jaar, eeu na eeu, soek die mens na God. In elke kultuur, elke taalgroep, in al die uithoeke van die aarde soek mense na n Oppergesag. Dit lyk my ons as mens is so aanmekaargesit: n soekende wese. Miskien is dit omdat ons grootheid en grootsheid om ons sien wat ons in verwondering laat, dat ons soek na die een wat alles gemaak het. In elke kultuurgroep sal jy mense vind wat verwys na ons God. *

oubaas 7.03.10 - 12:57pm
Almal aanbid hulle gode verskillend, en maak afbeeldings van hulle gode, en rig altare op vir hulle gode. Die mens weet dat daar iets groter as hyself is, en dan wil hy hierdie enititeit aanbid en vereer . . . en dit wat hieruit spruit, word godsdiens genoem, en sluit rituele, danse, sang ens in om hierdie god te vereer. Selfs binne erkende godsdienste en strukture, selfs onder Christene vind ons die soekendes. Ja, natuurlik soek ons as kinders van die Here daagliks na Hom. *

oubaas 7.03.10 - 12:58pm
In swaar tye soek ons kliphard, want dan wonder ons waarheen Hy dan nou is. Ons wil Hom verklaar en verstaan, ons vra waar is die Here? en wie is die Here, en dan begin ons met Godsdiensbeoefening: rituele, sekere manier van sing, aksies, aktwiteite, ens. *

oubaas 7.03.10 - 12:58pm
Handelinge 17:16-34. Terwyl Paulus in Atene vir Silas en Timoteus wag, het hy baie verontwaardig geword toe hy sien hoe vol afgodsbeelde die stad is. Hy het in die sinagoge met die Jode en die godvresendes geredeneer en elke dag op die stadsplein met die verbygangers gepraat. 'n Paar wysgere, Epikureers en Stoisyne, het met hom gestry. Party het gese: Wat sou hierdie praatjiesmaker tog wil se? Ander het gese: Dit lyk of hy 'n boodskapper van vreemde gode is. *

oubaas 7.03.10 - 12:59pm
Dit was omdat Paulus die evangelie van Jesus en sy opstanding verkondig het. Hulle het hom na die Areopagus toe geneem en gese: Kan ons te wete kom wat hierdie nuwe leer is wat jy verkondig? Party van die dinge wat jy se, klink vir ons vreemd, en ons wil graag weet wat dit beteken. Die Ateners in die algemeen en die uitlanders wat daar gewoon het, het hulle tyd aan niks anders bestee as om iets nuuts te se of te hoor nie. *

oubaas 7.03.10 - 12:59pm
Paulus het toe in die middel van die Areopagus gaan staan en gese: Ateners, ek sien dat julle in alle opsigte baie godsdienstig is. Terwyl ek deur julle stad geloop en kyk het na die plekke waar julle aanbid, het ek ook 'n altaar gekry waarop geskrywe staan: 'Aan 'n onbekende god.' Nou ja, wat julle aanbid sonder om daarvan kennis te he, verkondig ek aan julle. *

oubaas 7.03.10 - 01:00pm
God, wat die wereld met alles wat daarin is, gemaak het, Hy is die Here van hemel en aarde, en Hy woon nie in tempels wat deur mense gemaak is nie. Hy het ook nie nodig dat mense Hom versorg nie. Inteendeel, dit is Hy wat aan almal lewe en asem en alles gee. Uit een mens het Hy al die nasies gemaak. Hy het hulle gemaak om oor die hele aarde te woon. Hy het bepaal hoe lank hulle sal bestaan en waar hulle sal woon. *

1-> 7->>


* Reply
* HEUNING Forum


fav Bookmarks

Search:
topics replies


* HEUNING (8)

Custom Search