! You are not logged in to Prodigits. Please register or login.

HEUNING - Topics

* HEUNING > Topics


Subject: OP SOEK NA GOD
Replies: 20 Views: 2864
6-<< 2-< 1-> 7->>

oubaas 7.03.10 - 01:03pm
Die ware Godsdiens berus nie op die bou van altare en bring van offers nie, maar op n verhouding met die lewende Here; ons het n Middelaar nodig, ons kan nie onsself red nie, ons het nodig om ons te bekeer. God het die tye van onkunde oorgesien, maar nou roep Hy al die mense oral op om hulle te bekeer, want Hy het 'n dag bepaal waarop Hy regverdig oor die wereld gaan oordeel deur 'n Man wat Hy uitgekies het. *

oubaas 7.03.10 - 01:04pm
As Paulus praat oor die opstanding van Jesus dan word hy uitgelag. Is dit nie ironies nie: die Ateners bou n altaar vir n god wat hulle nie kan sien nie, maar lag vir Paulus uit as hy praat van die Een wat deur baie mense gesien is, selfs na sy opstanding. Hulle is soekend, hulle sal selfs n klomp absurde dinge glo en rituele doen, maar die ewige God en Koning, die mis hulle. Hier kom Paulus en hy gee vir hulle die antwoorde, maar hulle vat dit nie. *

oubaas 7.03.10 - 01:05pm
So, hulle soek, maar wil nie eintlik vind nie! Klink dit nie bekend in vandag se lewe nie? Mense sien dinge om hulle, ervaar die getuienisse van mense, hoor hoe mense nuwe hoop kry, hoor hoe mense hulle bekeer en nuut word, maar dan draai hulle maar net weer die rug op God. Hulle lag vir die opstanding, maar dan aanbid hulle by n klip altar . . . ! *

oubaas 7.03.10 - 01:05pm
Dalk word jy ook uitgelag oor jou getuienis, of verwerp, of vermy. Dis okey, hoor? Dit lyk my dit moet maar so wees. Daar het darem n paar mense tot geloof gekom nadat Paulus met hulle gepraat het. Ek sou di*nk Paulus moes soms moedeloos geword het, maar hy het nie, want hy het die enigste, lewende God geken, en in n verhouding met Hom gestaan. *

oubaas 7.03.10 - 01:06pm
Ons het partykeer hierdie prentjie dat dit vir Paulus maklik was om sommer net so te loop en preek, maar hy het baie ontberinge beleef. Hy was egter n evangelis, en het graag vertel van sy God, ten spyte van teenkanting. *

oubaas 7.03.10 - 01:06pm
Kan ek en jy ook mense aan die ewige God voorstel? Verseker! Kan ek en jy ook preek? Definitief! Die vraag is net: doen ons dit? Gebruik ons elke geleentheid om oor die Here te getuig? Ons moet onthou dat die mense om ons soekend is; ons moet reg wees met n verduideliking oor die hoop wat in ons leef (1 Petrus 3:15). Moenie skaam wees nie, enige tyd is die regte tyd om vir mense te vertel. 2 Timotheus 4:2 verkondig die woord: hou daarmee vol, tydig en ontydig. *

6-<< 2-< 1-> 7->>


* Reply
* HEUNING Forum


fav Bookmarks

Search:
topics replies


* HEUNING (8)

Custom Search