! You are not logged in to Prodigits. Please register or login.

Piano - Topics

* Piano > Topics


Subject: OAC
Replies: 14 Views: 5281
1-> 7->>

6j0 11.04.11 - 07:03pm
~OU APOSTELKERK!! OAK/OAC~(SKOKKEND)GLO NIE: GOD IS IN DIE HEMEL
BOKANT SON,MAAN EN STERRE~IN HEL~JESUS MOET NOG KOM
By Johan Du Toit

WAT ELKEEN VAN DIE OU APOSTELKERK MOET WEET!!

(wees gewaarsku!!)
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Waarom ken julle my spraak nie? Omdat julle na my woord nie kan
luister nie. Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle
vader wil julle doen. Hy was n mensemoordenaar van die begin af en
staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie.
Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy n leuenaar
is en die vader daarvan. Maar omdat Ek die waarheid spreek, glo julle
My nie. (JOHANNES 8:43-45).
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~Wees nugter en waaksaam, want julle
testander, die duiwel, loop rond soos n brullende leeu, en soek wie
hy kan verslind. (I PETRUS 5:8).

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~



As n mens die naam Apostolies hoor, moet n mens duidelik onderskei tussen
die Apostoliese Geloofsending wat n Christelike en n charismatiese Kerk is
en die Apostelkerke (Ou- en Nuwe) wat nie-Christelike kerke is.
Laasgenoemde
twee groepe glo nog aan die voortsetting van die Apostelamp. Wie iets wil
weet van hierdie groep, wil na hul kategismus gaan. Die Kategismus is egter
baie kort en handel hoofsaaklik oor die wese van die apostelamp.

In die voorwoord word die leser egter voorberei dat as al sy vrae dalk nie
in die Kategismus beantwoord word nie, dit is omdat die leerstelling van
Die
Ou Apostoliese Kerk te omvattend is om in skrif uiteengesit te word. Die
Teologie van hierdie groep is dus grotendeels nie op skrif te vinde nie,
maar in mondelinge oorleweringe, hul gesangeboek en in die varierende
praktyk van gemeentes en gemeentelede. Dit is wat dit baie moeilik maak om
die groep na te vors.



ONTSTAAN.
Die stigter was die Skotse prediker, Edward Irving (gebore in 1792). Hy het
vurig gepreek dat die einde van die wreld naby is en dat die Kerk
swaar gesondig het deur nie al die ampte van Efes. 4:11 in te stel nie -
veral ook die Apostelamp. Hierdie amp moes gou herstel word, voor die
wederkoms sodat die apostel die gelowiges kon versel tot saligheid.
In 1835 vind die wyding en afsondering van die eerste 12 apostels plaas.Die
kerk brei uit na Europa - veral na Duitsland. In 1865 vind daar n
afsplintering plaas oor die vraag of daar meer as 12 apostels benoem kan
word. Hulle word genoem die .

Hierdie Nuwe Apostoliese Kerk sit in 1892 voet aan wal in die Kaap in die
persoon van Evangelis Klibbe en hy vestig die Kerk hier. Klibbe is egter
vir
n vergadering na Duitsland. In sy afwesigheid neem ene Schlaphoff tydelik
waar. Die boot waarmee hy sou gaan, het egter vergaan. Schlaphoff het
gemeen
dat Klibbe in die ramp oorlede is. Klibbe het egter met n ander boot
vertrek
as wat gemeen is. As Klibbe dus terugkeer weier Schlaphoff om van sy
apostelskap afstand te doen oa agv. finansile voordele van die amp.

Dit lei na n hofsaak (1926). n Skeuring vind plaas en n nuwe kerk kom tot
stand. Die regter bepaal dat die naam, die Ou Apostelkerk sal wees met
Klibbe as die apostel. Die Ou Apostelkerk is dus n latere afsplintering en
die Nuwe Apostelkerk is die oorspro nklike kerk. Behalwe vir sekondre
verskille,is die twee kerke vandag nog baie dieselfde maar baie vyandig
teenoor mekaar.




DIE AMPTE.
Hulle het sewe ampte wo. in volgorde: onder-diaken, priester, oudste,
profeet, opsiener, evangelis, apostel. Die leraarsamp is afgeskaf. Verder
is
n aantal nie-Bybelse ampte bygevoeg soos onder-diaken en oudste. In die
plaaslike gemeente is dit veral die oudste wat in samewerking met die
priester die ampsdraers kies. Geen ampsdraer kry Teologiese opleiding nie.

Die ampsdraers word ook nie betaal deur die kerk nie omdat hulle glo dat
die
evangelie vry verkondig moet word (vgl. 1 Kor.9:14). Om die rede is al hul
amptenare in siviele werke. Die enigste uitsondering hier is die apostel
wat
finansieel baie goed versorg word en luukse voordele geniet. Hulle verwerp
ook die t*tels, pastoor en dominee as onbybelse benaminge.
Die totale struktuur van die kerk is outoriteit van aard. In orde van
belangrikheid oorheers die een amp die volgende amp. Vir die persoon wat
baie verwerping ervaar het, soos bv. die weeshuis kind, ervaar aanvaarding
hier. Die status en magsposisie gee sulke mense n gevoel van eie waarde en
posisie in die lewe.





ROL VAN DIE APOSTEL.
1. Die gesag van die Bybel is ondergeskik aan die gesag van die Apostel.
Die apostel se woord het baie meer gesag as die Bybel. Die Bybel is net n
dooie letter wat dood maak. Slegs die woord van die apostel gee lewe. Dis
nie vreemd as 'n priester na die Bybel wys en s: Dit is nie die Woord
van God nie ! Die Woord van God is die Woord wat uit die mond van n lewende
apostel kom. As die apostel spreek, spreek hy met Goddelike gesag. Die
Bybel
is vir hulle bloot n versameling van goddelike beloftes, gebooie en dade
wat
deur n groep gelowiges saamgestel is. Die Bybel is natuurlik heel nuttig
maar kan nooit die apostels se woord vervang nie.
Kategismus vraag 37 vra:Kan die skrifte ons saligheid en die ewige lewe
gee?
Ant.: Nee..... Die Apostels is immers die lig van die nasies gemaak, sodat
hulle tot redding sal wees tot aan die einde van die aarde(Kat.vr. 11b).
Die
Kategismus, vr.35, stel dit so: Wie is gestuur om die woord van God te
predik? Ant. Die apostels, soos blyk uit 1 Thes. 2:13.......

2. Die apostel beheer die toegang tot die Hemel.

Die apostel het die mag om n siel te versel tot ewige saligheid (maw
om te wederbaar), of om die Hemel te sluit vir iemand. Dit is n gesagvolle
handeling wat selfs die Pous van Rome die apostel kan beny, aldus dr.Jac
Muller. Die ooreenkoms tussen die Ou Apostels en die Rooms-Katolieke Kerk
is
opsigtelik.
Deur die apostel alleen is daar redding en aan die wat deur die apostels in
Christus glo(Kat. vr. 36&49). Aan die apostels alleen is dit gegee om die
verborgenhede van die Koninkryk van die hemele te ken (Kat.vr.5& 50 e&f).
Iemand kan net tot geloof kom deur die woord wat die apostel preek. Dit is
eintlik onmoontlik om tot geloof te kom sonder die apostels. Hulle
s:
So kan niemand die Vader of Christus sien as hulle nie die apostel aanneem
nie, want: Wie julle ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het(Mat.10:40).
Die
apostel is eintlik die enigste wat God die Vader ken (Kat.vr.24), wat die
wysheid van God spreek (Kat.vr.50e), met wie God van aangesig tot aangesig
praat (Kat. vr 25), wat die Skrifte verstaan (Kat.vr.38), wat sondes
vergewe
(Kat.vr.47), en wat die wreld gaan oordeel (Kat.vr.41).

3. Die apostel is die plaasvervanger van Jesus Christus op die aarde.

Soos die Pous by die Rooms Katolieke Kerk, so is die apostel die Godgewilde
plaasvervanging van Jesus Christus in die vlees. Hulle is die fondament
waarop Christus Sy Kerk gebou het en daarom is alle ander kerke valse
kerke.
Die apostelamp vervang eintlik die middelaarskap van Jesus Christus. n Mens
se sondes kan nie verlos word deur n onsigbare Christus nie. Toe Jesus
opgevaar het na die Hemel, het Hy eintlik opgevaar in die apostels. Hy is
nou sigbaar in die apostels. Want n ander versoening met God is daar nie,
as
alleen deur die genade en die apostelamp, so word geleer. Die apostels
verrig die volgende take: Hy versel met die Heilige Gees en lyf
hulle
die liggaam van Christus in. Die verseling is gelykstaande aan
wedergeboorte. Daarsonder kan niemand in die Hemel kom nie. Hy vergewe ook
sondes, hy doop met water en Gees, hy kies die ampte. Die term
wedergeboorte
gebruik hulle egter glad nie en hulle preek nie daaroor nie. Hulle praat
van
'wederomgebore'.

4. Die apostel is ook die enigste wat kan vervloek.

Mense wat uit die Apostel Kerk padgee staan gevaar om vervloek te word.
Sulke getuienisse is beskikbaar. Bettie' het uit die Apostel Kerk bedank.
Hulle het haar vervloek. Sy het later heeltemal van haar kop af geraak en
gesterf. Sommige voormalige Ou Apostels beweer dat dit die rede is waarom
mense nie maklik uit die kerk padgee nie - uit vrees dat iets soortgelyk
hulle sal oorkom !







WAT S DIE BYBEL VAN DIE APOSTELAMP ?

Daar is verskil van opinie in Christelike kerke of die amp van Apostel nog
reg op voortbestaan het, aldan nie. In sommige Charismatiese kerke word die
amp nog erken. Dit is egter nie so belangrik nie nl. of daar nog so n amp
moet wees of nie. Wat egter pla is die gesag wat aan so n amp verleen word
nl. dat die Apostel Jesus se plek ingeneem het.
Ons lees in 2 Kor.12:12: Die kentekens tog van n apostel is onder julle
verwerklik met alle volharding deur tekens en wonders en kragtige dade. Toe
Petrus se skaduwee op mense val, het hulle gesond geword. Paulus gooi sy
bo-kleed op iemand en hy word gesond. Die apostels in die Bybel se lewens
is
gekenmerk deur krag en n heilige lewenswandel. Waar is die tekens en
wonders
en heilige lewenswandel van die hedendaagse apostels ? Paulus s in
Gal 1:1: Paulus n apostel nie vanwe mense of deur n mens nie, maar
deur Jesus Christus en God die Vader.... In Matt.24:5&24 waarsku Jesus dat
daar mense in die laaste dae navore sal kom wat s: Ek is die
Christus, en hulle sal baie mense mislei.
Die fondament van die Kerk van Jesus is nie die apostel nie, maar Jesus
Christus self.
Van Paulus se laaste briewe was die brief aan Timoteus. In hierdie briewe
praat hy net van die aanstellingvereistes van ouderlinge en diakens.



ROL VAN DIE PRIESTER.
Die man, as die hoof van die huis word beskou as die
'huispriester'(gewoonlik 'huispriest' genoem). Sy gesin se saligheid word
deur hom bepaal (Kat.vr.53). Wat die priesteramp self betref, is n ouer of
kind aan die totalitre gesag van die priester onderdanig. Tov. die
kind is die gesag van die priester selfs hor as die van die ouer.
Die
priester word geweldig gerespekteer. Vir Sonet het dit gevoel asof n kind
eintlik nie n ouer nodig het nie. As kind moes sy vir alles die toestemming
van die priester kry. Of dit nou vir n maat vir die matriekafskeid is, of
toestemming om na n kamp te gaan, die priester moet eers geraadpleeg word.
Haar ouers self kon nie met vakansie gaan sonder die toestemmingsbriefie
van
die priester nie. Medisyne vir wanneer hulle siek was kon ook nie help nie
as dit nie deur die priester gesen is nie. n Besigheidstransaksie
sal
nie gedoen word voordat die priester nie sy goedkeuring gegee het nie.
Wanneer hulle praat van gehoorsaamheid, word daarmee dan ook nie bedoel
gehoorsaamheid aan die Woord van God nie, maar gehoorsaamheid aan die
ampte.
Wat hulle spreek is die woord van God. As die priester bv nee s, dan
aanvaar hulle daardie woord as die woord van God.
Elke eerste Sondag van die maand is nagmaal en dan steek die priester sy
hand uit oor die gemeente en s: Die sonde wat julle gedoen het,
wetende en onwetende, word julle vergewe. Hulle gebruik Joh.20:23: As julle
die mense hulle sondes vergewe, dan word dit hulle vergewe.... Alhoewel
aanvaar word dat net die Apostel kan vergewe, word aanvaar dat die priester
die apostel verteenwoordig soos wat die Apostel Christus verteenwoordig.






WAT S DIE BYBEL VAN DIE PRIESTERAMP?

Die priesteramp het egter geen bestaansrede in die Nuwe Testament nie. In
die O.T. het die priester op voorskrifte van God self sekere kenmerkende
kleredrag gedra. Die werksopdrag was ook duidelik nl. diens in die tempel,
die bring van offers, mediese diens (Deut.24:8) en soms regspraak.
In Heb.7 word vir ons ges dat die Ou Testamentiese priesteramp net
vooruit gewys het na en vervul is in Jesus se priesterlike werk. In
Heb.7:24
word verder ges:Maar Hy.....besit n priesterskap wat nie op ander
oorgaan nie. Past. Muller wat eers in die kerk was, vra waar die
hedendaagse
priesters vandaan kom en wys daarop dat die hedendaagse apostels nie
nageslag is van Aaron, Dawid, Melchisedek of van die leviete nie. Hulle is
ook nie aangetrek soos die O.T. priesters nie ! Jesus het ook nie Priesters
aangestel nie !
Jesus se in Matt. 22:29: Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie
en
ook nie die krag van God nie. Jesus het sy apostels geleer en Hy gee ook
die
opdrag dat ons geleer moet word. 2 Tim.2:2: Wat jy van my gehoor
het.....vertrou dit toe aan getroue manne wat bekwaam sal wees om ook ander
te leer. Die Ou Apostelkerk glo nie in opleiding van sy ampsdraers nie. Die
ongelooflike duisternis waarin die kultus is, is juis agv.n gebrek aan
opleiding en n gebrek aan kennis van die Bybel. Gal 1:8: Maar al sou ons of
'n engel uit die Hemel julle n Evangelie verkondig in stryd met die wat ons
julle ontvang het, laat hom n vervloeking wees !

SAKRAMENTE.
Hulle ken drie sakramente nl. doop, nagmaal en verseling. Aldrie die
sakramente kan ten behoewe en tot heil van die afgestorwenes ontvang word.

Hulle beoefen die besprinkelingsdoop. Die doop is ook verbind aan die
dooies. Hulle haal 1 Kor. 15:29 aan om hulleself te verweer. Wat hulle nie
verstaan is dat hierdie teks praat van dwaalleraars wat mense vir die
dooies
laat doop het.
Tydens die verselingsdiens word een van die viervoudige ampte (nl. 'n
profeet, opsiener of evangelis ) namens die dooies gedoop en versel.

DIE NAGMAAL.
Dit word eenmaal n maand bedien en elke driemaande word n kinderdiens gehou
waartydens alle kinders, selfs babas, met die nagmaal bedien word.

DIE VERSELING.
Eenmaal n jaar is daar n verseling (spreektaal-verzechelings')
diens.
Verseling het te doen met die opneem van n persoon in die gemeente,
met die ontvangs van die Heilige Gees en is gelykstaande aan wedergeboorte.
Die verseling is volgens pastoor Muller die grootste dwaling van die
apostels. By die geleentheid kry die ouers n wit doek op die kop. Dan word
'n
kruis met olie op die kind gemaak en gebruik hy die nagmaal. Die voorganger
sal dan s:God die vader versel jou. Tydens die geleentheid
ontvang 'n persoon uit die hand van die apostel die vervulling met die
Heilige Gees . Jy kan nie in die Hemel kom sonder die 'merk' nie. Die merk
is die verzecheling deur die Apostel, - aldus een van hulle (Kat.vr.54-58).

WAT S; DIE BYBEL VAN DIE VERSELING?
Die verseling is volgens hul kategismus gelykstaande aan
wedergeboorte en die Doop met die Heilige Gees. Dit kan op enige ouderdom
plaasvind as albei die ouers in die apostelkerk is. Jy kan die Heilige Gees
ontvang slegs deur die handoplegging van die apostel. Mense sal in n ry
staan en dan sal die apostel net s: Recieve the Holy Ghost. Hulle
gebruik Hand 8:16 om dit te staaf.
Tog is daar net twee plekke in die Bybel waar mense die Heilige Gees deur
handoplegging ontvang het. Hand.10:44 s dat ...terwyl Petrus nog
praat, het die Gees op almal gekom.. Die Heilige Gees het dus ook op mense
gekom deur die aanhoor van die Woord. Lukas 11:13 se jy kan die Heilige
Gees
ontvang as jy daarom vra !






DIE KERK.
Hulle het n eksklusiewe kerk begrip. Hulle het oor die algemeen n baie
vyandige houding teen alle ander kerke en predikante. Hulle glo dat die Ou
Apostel-lidmate die enigstes is wat in die Hemel gaan kom (Kat.vr.2&3)
omdat
net hulle kerk op die fondament van die apostels gebou is. Preke (hulle
noem
dit n 'belering') word of deur die onder-diaken, priester of die oudste
gebring. Preke word nie voorberei nie. Lidmate bring ook nie hulle Bybels
kerk toe nie. Indien wel word jy berispe omdat jy dan daarmee impliseer dat
jy nie die 'woord' van die voorganger aanvaar nie. Daarom word die Bybel
selfs ook nie by hul huise gelees nie.
Sommige meen eenmaal n ou apostel, altyd n ou apostel. Een van die grootste
sondes is om die kerk te verlaat. As een in die familie die kerk sou
verlaat, kan allerlei onheil en ongeluk wat daarna gebeur, aan die
kerkverlater se deur gel word. Toe Sonet se broertjie dood is in n
ongeluk, is Sonet die skuld gegee omdat sy uit die kerk gedros het. Daarna
is bygevoeg:Nou sal meer dinge verkeerd gaan omdat jy uit die kerk is.





DROME.
Hulle moet die droom dadelik neerskryf en vir die priester gee. Sonet droom
bv. dat sy trou (sy is reeds n getroude vrou!) Die priester s dit
beteken dat sy geen sielsaligheid' het nie. Sy sal God nooit ontmoet nie.
Die uitleg het hy gegee nadat sy teen haar ouers se wense uit die kerk is.
In drome word boodskappe van afgestorwenes ontvang.
By die swartmense wat ou apostels is, is almal nog betrokke by die
voorvadergeeste. As een sou droom van die voorvaders wat honger is, dan
word
dit bekend gemaak in die gemeente. Die priester se opdrag is dan aan die
gemeente om huisbesoek te gaan doen en vir die mense te s: Bekeer
julle en dan sal die dooies hulle ook bekeer en deur die duiwel losgelaat
word. Die dooies wat onbekeerd gesterf het, se lot word dus bepaal deur die
bekering' van die lewendes.
Wanneer drome uitgel word, word ook beweeg op die terrein van
waarsery en heldersiendheid omdat dit soms handel oor dinge wat jou
gaan oorkom.

PROFESIE.
Enigeen kan ook elke Sondag profeteer. Die profesie is meestal baie
algemene
uitsprake en vermanings.

ERFSONDE.
n Kind totdat hy self tussen sy regter en linkerhand kan onderskei, het
geen
sonde nie en kan nie deur die duiwel aangeraak word nie.

GEBED.
Wanneer n lidmaat van die Ou Apostelkerk op reis wil gaan, of n besigheid
wil open, gaan hy na die priester vir leiding en toestemming. Die antwoord
wat hy kry by monde van die ampte is God se woord aan hom. God praat dus
met
hom deur die ampte. Om die rede het die lidmate van die Kerk geen
gebedslewe
nie. Wat jy nodig het, vra jy van die priester. Gebed word soos by die
Rooms
Katolieke Kerk begin en geeindig in die naam van die drie-eenheid.
Wanneer die voorganger begin, lig hy sy hande op en s:In die naam
van
die Vader, Seun en Heilige Gees, Amen. Hierop sal almal saam met n 'amen'
antwoord. Hierna sal hy oor algemene sake bid.
Sommige meen dat as jy met iemand oor hul geloof gepraat het, dan het jy
klaar gebid.
Gebed kan ook as n vorm van swartmagie gebruik word teen jou vyande.
In gebed word soms op n onverstaanbare wyse gebid, bv. terwyl hulle vir
Sonet gebid het, het die priester gebid dat die verkeerde in haar lewe na
die kerksaal sal gaan. Dan bind hy dit daar en sit n vuur om haar in sy
gebed. Jonathan se tannie het ook n verkeerde gees in haar gehad. Met tye
het sy geskreeu. Die priester sit toe in sy gebed ook n vuur om haar huis.







VERLOSSING.
Werke speel n baie belangrike rol. Elke aand het die gemeente n ander aksie
wat bygewoon moet word. Maandagaand is dit getuienis of kragsel.
Dinsdagaand
is dit koor oefening. Woensdagaand het hulle biduur. Donderaand het hulle
kragsel. Vrydagaand kooroefening. Saterdagaand is dit jeugaand. As jy nie n
tiende van jou tyd aan die kerk se werke afstaan nie, verpas jy jou
saligheid.
As jy jou werke goed doen, verdien jy n amp. Geen klem word op bekering,
die
vrug van die Gees en heiligmaking gel nie. n Breuk met die sonde is
dus ook nie nodig nie! - alhoewel vir hulle eienaardig genoeg, sekere
sondes
soos seksuele oortredings, dans en vloektaal as verkeerd beskou word ! Mev.
X wat gebore en grootgeword het in die kerk, s dat sy nog nooit in
al
die jare in die kerk, n bekeringspreek gehoor het nie. Preke is meestal n
moralisering oor n gedeelte waar daar soms selfs mooi dinge ges
word.

Die Bybel word geestelik verklaar'. Volgens hulle is die Bybel dan baie
meer
verstaanbaar. Hulle doen dit so omdat God dan gees is en ons Hom in gees en
waarheid moet aanbid. Die O.Testament se verhale is nie letterlike en
geskiedkundige feite nie maar gelykenisse wat geestelike lesse het. Die
N.Testament moet ook geestelik verklaar word.
Hier is n paar voorbeelde:

Hand. 1:9: Jesus vaar op na die Hemel. Jesus het glo nie letterlik opgevaar
na die Hemel nie, dit moet geestelik verstaan word. Die ruimtereisigers was
al daar bo en hulle kon niks daar bo kry nie! Jesus het opgevaar na die
hart
van die verstand - en dan wys hulle met die vinger na hul kop (Kat.vr.1&4).
Werner vra vir die Ou Apostels lastige vrae: Beteken dit nou dat die
vols van die Hemel in jou kop rondvlieg, of dat die sterre van die
Hemel nou in jou kop is ? Volgens hulle kategismus is die hemel nie n
letterlike plek nie maar n toestand van sielerus, saligheid en
vrede....( *

6j0 11.04.11 - 07:05pm
MAG GOD.....BO MAAN EN STERRE........JOU GEES AANRAAK.....pray.GIF *

serfie 11.04.11 - 07:38pm
Ag die artikel het ek honderde maal al gelees. Infact dit is deur die artikel dat ek my eerste besoek aan die naaste OAK op Despatch gaan afle het. Al verskil is die vrae wat jy uit ons kategismus aangehaal het het die verse by gehaad. Soos byvoorbeeld(die ene kom uit my Eng kategismus) Quest. 32 Whereby will the reborn be identified? Ans: By the fruit of the spirit which is: love, joy, peace, long-suffering, gentleness, goodness, faith, meekness, temperance. (Gal. 5 v 22.) Read also Colos. 3 v. 12. Se dai pastoor as hy eits wil aanhaal moet hy dit volkome anhaal. Ek di*nk amper dai artikel was deur Kitty Pienaar en nog n man saam gestel. Weet jy wat... Contrary to belief die Apostel(s) word bitter min genoem in ons vergaaderings... Julle mense maak n groot issue van niks. Imagine ons lede moes sulke websites oopgemaak het omtrent ander kerke... En goed geskryf het van ons oog punt af *

serfie 11.04.11 - 07:42pm
Ai eks al so moeg vir karismatiese mense wat ons judge, en ons verdoem tot die he'll (by the way wie gee hule die reg om te judge, ons judge glad nie hoor, nie eers die Apostles ens het die reg om te judge nie, infact die apostels weet hulle gan die swaarste oordeel kry) *

6j0 12.04.11 - 01:15am
Mag GOD jou genadig wees,voor jou afsterwe ...........jy sal en gaan onthou hoe ek jou gewaarsku het na jou dood!!!!..................................vaarwel my vriend!bye.GIF *

6j0 12.04.11 - 06:01am
DINK MOOI SERFIE!!!!!!!!Vjv6AQS8A9FYYODtMRHh.jpg *

6j0 12.04.11 - 06:04am
JESUS IS GEEN LEUNAAR SERFIE......................................................................9zvuADW88EaNHOPvR98L.jpg.................................... *

1-> 7->>


* Reply
* Piano Forum


fav Bookmarks

Search:
topics replies


* Piano (8)

Custom Search