! You are not logged in to Prodigits. Please register or login.

International Forum

From: shrek
Subject: suid afrika
----------
''O wye en droewe land

O wye en droewe land, alleen
onder die groot suidersterre.
Sal nooit 'n ho'e' blydskap kom
deur jou stil droefenis?
Jy ken die pyn en eensaam lye
van onbewuste enkelinge,
die verre sterwe op die veld,
die klein begrafnis;

eenvoudige mense wat getrou
en enkeld bitter dinge doen,
en enkeld val soos korrels saad;
stil daad, klein trou, klein trouloosheid
van die' wat om 'n ander diens soos knegte jou verlaat.

Sal nooit 'n magtige skoonheid kom
oor jou soos die haelwit somerwolk
wat uitbloei oor jou donker berge,
en nooit in jou 'n daad geskied
wat opklink oor die aarde en
die jare in hul onmag terge;

'n grootsheid van so 'n suiwer glans,
dat mense in 'n verre land
wat van jou naam die melding hoor,
met wilde en helder oog sal staar
soos vroe'e' vaarders in die nag
verslae gesien het kim bo kim
die nuwe, blom-groot sterre styg
op uit jou see se wit gevaar?''
7.03.14 - 08:07pm
[reply]
[go to reply]
[go to topic]

8 International Forum
9 Forum Index

Custom Search