! You are not logged in to Prodigits. Please register or login.

HEUNING - Topics

* HEUNING > Topics


Subject: EEN SE DOOD - ANDER SE BROOD
Replies: 30 Views: 2248
1-> 7->>

oubaas 8.05.10 - 09:14am
EEN SE DOOD IS DIE ANDER SE BROOD - 31 Maart 2010

Een se dood is n ander se brood . . . dis n bekende spreekwoord. Een persoon se swaarkry kan dalk tot die ander een se voordeel wees. Mens kan hierdie stelling op twee maniere bekyk: dit kan negatief klink, bv. solank mense doodgaan het die begrafnisondernemer werk; of dit kan positief klink: die begrafnisondernemer is daar om n diens te lewer wanneer iemand tot sterwe kom. Ons staan nou in Paastyd en di*nk terug aan Jesus se sterwe sodat elkeen van ons kan lewe. *

oubaas 8.05.10 - 09:14am
Jesus se dood is ast ware my en jou brood. Hy het iets prysgegee sodat ek en jy iets kan ontvang. WAT Hy gegee het, is duidelik en wat ons ontvang het, weet ons, Maar, daar is so n paar interessante dinge waarna ons vandag kan kyk. . . . *

oubaas 8.05.10 - 09:15am
Na die vermeerdering van die brood, kom van die mense die volgende dag na Jesus soek: *

oubaas 8.05.10 - 09:15am
Johannes 6:25-40 En toe hulle Hom oorkant die see kry, vra hulle vir Hom: Rabbi, wanneer het u hierheen gekom? Jesus antwoord hulle: Dit verseker Ek julle: Julle soek My, nie omdat julle die wondertekens gesien het nie, maar omdat julle van die brood ge-eet en versadig geword het. Julle moet nie werk vir die voedsel wat vergaan nie, maar vir die voedsel wat nie vergaan nie en wat ewige lewe gee. *

oubaas 8.05.10 - 09:16am
Dit sal die Seun van die mens vir julle gee, want God die Vader het Hom die mag daartoe verleen. Hulle vra Hom toe: Wat moet ons doen om te doen wat God van ons verlang? *

oubaas 8.05.10 - 09:18am
En Jesus antwoord hulle: Wat God van julle verlang, is dat julle moet glo in Hom wat Hy gestuur het. Hulle se toe vir Hom: Watter wonderteken kan u doen sodat ons dit kan sien en in u kan glo? Wat gaan u doen? Ons voorouers het manna in die woestyn ge-eet, soos daar geskrywe staan: Hy het aan hulle brood uit die hemel gegee om te eet. Jesus het hulle geantwoord: *

oubaas 8.05.10 - 09:18am
Dit verseker Ek julle: Dit is nie Moses wat vir julle die brood uit die hemel gegee het nie, maar dit is my Vader wat vir julle die ware brood uit die hemel gee. Die brood wat God gee, is Hy wat uit die hemel kom en aan die wereld die lewe gee. Hulle se toe vir Hom: Meneer, gee ons tog altyd hierdie brood. Maar Jesus se vir hulle: Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie. *

1-> 7->>


* Reply
* HEUNING Forum


fav Bookmarks

Search:
topics replies


* HEUNING (8)

Custom Search