! You are not logged in to Prodigits. Please register or login.

HEUNING - Topics

* HEUNING > Topics


Subject: Lewensuitkyk
Replies: 29 Views: 2167
1-> 7->>

oubaas 26.01.10 - 12:50pm
Lewensuitkyk 4 November 2009

31 Oktober tot 1 November 2009, een van die mees onbeskryflike naweke ooit! Rippel 90.5 se eerste kamp vir mense met gestremdhede, gehou by Deo Volente Bush Adventures buitekant Pretoria. 'n Naweek wat in ons gedagtes sal bly vir die res van ons lewens. Saam met die mees kosbare mense denkbaar, wat meer liefde in een naweek kon uitstort as wat ek in een leeftyd kan uitstort. *

oubaas 26.01.10 - 12:50pm
Die term gestremdes klink eintlik so negatief, omdat dit mense in 'n spesifieke boksie inprop, maar ek het gesien dat daar lewenskwalitiet in hierdie groepie bestaan wat in ander boksies nogals afwesig is. Die boksie waar ek my bevind is so n gemaklike, maar dikwels onvergenoegde, ontevrede boksie. *

oubaas 26.01.10 - 12:51pm
Jitte, maar mens kan baie leer by mense met hierdie tipe uitdagings! Ek leer dinge wat my klein, ontoereikend en sommer nutteloos laat voel. Ek het by hierdie mense blydskap, vreugde, vrede en dankbaarheid gesien wat ek nie kan droom om te he nie. *

oubaas 26.01.10 - 12:51pm
Filipense 4:1-9 Daarom, my broers, moet julle vas staan en getrou bly aan die Here. Ek het julle baie lief en verlang na julle. Julle is my blydskap en my kroon. Ek vermaan vir Euodia en ek vermaan vir Sintige om eensgesind te wees in die Here. Ja, ek vra jou ook, getroue medewerker, wees hierdie vroue behulpsaam. Hulle het saam met my die stryd gevoer in diens van die evangelie, net soos Klemens ook en my ander medewerkers, wie se name in die boek van die lewe staan. Wees altyd bly in die Here! *

oubaas 26.01.10 - 12:52pm
Ek herhaal: Wees bly! Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is - *

oubaas 26.01.10 - 12:52pm
watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees - daarop moet julle julle gedagtes rig. En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees. *

oubaas 26.01.10 - 12:54pm
DIT leer ek toe hierdie naweek by hierdie ongelooflike groep mense wat op die kamp was. Hulle is oorvloedig bly, hulle gee oorvloedig liefde. Na vele gedink, kry ek die antwoord in die engelse woord attitude lewenshouding. Hierdie ding waarmee ek so sukkel hier in my kwansuis volmaakte liggaam, waar al die dele werk, waar gesondheid en vermoens steeds nie genoeg is nie. Hierdie houding waarmee ek die Here soms wil aanvat en vra: Here, wanneer gaan U my seen? *

1-> 7->>


* Reply
* HEUNING Forum


fav Bookmarks

Search:
topics replies


* HEUNING (8)

Custom Search